Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa met wapens in Bloem glo ’n transitorower

’n Pa van Bloemfontein wat in hegtenis geneem is terwyl hy met sy kinders in ’n voertuig vol onwettige wapens en ammunisie rondgery het, word nou met ’n transitorooftog in die stad verbind.

Polisielede Woensdagaand op die toneel agter die Bloemgate-sentrum. Foto: Mlungisi Louw

Die 38-jarige man gaan Maandag in die landdroshof in Bloemfontein op aanklagte van roof, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die man se inhegtenisneming spruit uit ’n voorval Woensdagoggend toe drie gewapende mans ’n Fidelity-geldwa by die Engen-vulstasie by College Square in die stad van ’n onbekende bedrag geld beroof het.

Hy is enkele ure later agter die Bloemgate-winkelsentrum deur polisiebeamptes voorgekeer toe hy in ’n wit BMW X5, sonder nommerplate, onderweg was om sy kinders by hul ma in die Brandwag-woonstelgebou af te laai.

Volgens Mbambo het die polisie op die BMW beslag gelê waarin ’n R5-geweer, ’n LM5-geweer, ’n pistool, ammunisie en geweer- en pistoolmagasyne gevind is. Al die wapens se reeksnommers is verwyder.

Daar is ook op ’n handradio, klapmusse, handskoene, selfone en ander goedere wat in rooftogte gebruik word, sowel as geld, beslag gelê.

Nóg onwettige wapens en ammunisie is in die man se huis versteek gekry toe die polisie dit deursoek het.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiehoof, het vroeër gesê die polisie het die man twee dae voor sy inhegtenisneming begin dophou nadat hulle ’n wenk gekry het.

Meer oor:  Kol. Thandi Mbambo  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.