Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa, seun (16) op Muldersdrift-hoewe in bors geskiet

’n Man en sy 16-jarige seun is vroeg Dinsdagoggend gewond toe hulle deur rowers op ’n kleinhoewe op die plaas Elandsdrift naby Muldersdrift, Gauteng, oorval is.

Volgens ’n lid van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy wat op die toneel was, het die rowers omstreeks 03:30 die oggend die agterdeur van die huis op die kleinhoewe oopgebreek.

“Die pa en seun het wakker geword en wou keer dat die rowers die huis plunder. Hulle is egter albei in ’n struweling in die bors geskiet, waarna die drie mans met ’n televisiestel weggehardloop het,” sê die veiligheidswag.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied, waar die pa en seun op die toneel deur paramedici gestabiliseer is voordat hulle na ’n plaaslike hospitaal geneem is. Niemand anders is in die voorval beseer nie.

“Dit wil voorkom asof daar drie skote geskiet is en dat die rowers toegang tot die perseel deur ’n stukkende heining verkry het,” sê die veiligheidswag.

Hy sê die teerpad is naby die kleinhoewe geleë en dat die rowers vermoedelik in ’n voertuig gespring het en so vinniger van die toneel kon vlug.

Kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, kon Dinsdag geen verdere besonderhede oor die rooftog bekend maak nie. Hy vra mense wat moontlik inligting oor die voorval het om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Muldersdrift  |  Gauteng  |  Hoewe-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.