Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa, seun én besorgde buurman 'vir handsak' vermoor

’n Pa en sy seun, sowel as hul buurman, is kort ná mekaar doodgeskiet toe rowers in die middernagtelike ure by die gesin se huis in Richardsbaai ingebreek en op die huismense losgebrand het.

Die ma is ook in die voorval beseer, maar twee kinders kon ontsnap.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê rowers het die gesin omstreeks 00:45 Dinsdagoggend in hul huis in Arboretum oorval.

“Die verdagtes het die 42-jarige pa asook sy 17-jarige seun doodgeskiet, terwyl die ma beserings opgedoen het.”

Die familie se 61-jarige buurman het gaan kyk wat by die huis aangaan nadat hy ’n geskreeu gehoor het, waarna hy in die bors geskiet is. Die buurman is ook op die toneel dood verklaar.

Arbovlei se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê in 'n inskrywing op Facebook dat hulle ná middernag na die toneel uitgeroep is om te gaan help.

"Ons het op 'n grusame toneel afgekom. Die pa en seun is albei deur drie mans met swart klere en maskers aan vermoor."

Die GPF sê 'n ander seun en 'n meisie kon ongedeerd ontsnap. Die ma het beserings aan haar lies opgedoen en is na 'n hospitaal geneem.

Die rowers het glo net 'n handsak, selfoon en 'n paar juweliersware gebuit.

Die polisie ondersoek drie sake van moord, een van poging tot moord en een van gewapende roof.

Meer oor:  Durban  |  Kwazulu- Natal  |  Ondersoek  |  Moord  |  Poging Tot Moord  |  Polisie  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.