Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa skiet 3 kinders, homself

’n Man van Mthatha in die Oos-Kaap het sy drie kinders doodgeskiet en daarna sy eie lewe geneem.

Die voorval het Sondagaand by hul huis in Northcrest in Mthatha gebeur, sê kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Sy sê ’n familielid van die 48-jarige pa het die polisie Maandagoggend gekontak nadat hy op die oorledenes se lyke afgekom het.

Die kinders, ’n negejarige seun en twee meisies, onderskeidelik ses en agt jaar oud, se name word nog deur die polisie weerhou tot al hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Koena sê die motief is nog onbekend. Sy sê die pa het ’n gelisensieerde vuurwapen gebruik en dit is nog onduidelik waar die kinders se ma ten tyde van die voorval was.

Meer oor:  Mthatha  |  Oos-Kaap  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.