Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa skiet glo ma voor kinders, neem eie lewe

’n Man het na bewering sy vrou voor hul twee kinders doodgeskiet in ’n huis in Fanpalm Gardens naby Phoenix, noord van Durban.

Die polisie het bevestig ’n saak van moord word ondersoek en ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale woordvoerder, sê die man en vrou was glo in ’n argument betrokke, waarna die man ’n vuurwapen uitgepluk en die vrou doodgeskiet het voordat hy sy eie lewe geneem het.

Die private ambulansdiens, Reaction Unit South Africa, sê in ’n verklaring sy personeel is Sondagaand omstreeks 21:00 na ’n toneel ontbied.

“Toe paramedici die huis saam met die polisie betree, het hulle ’n vrou met ’n skietwond aan haar kop in die kombuis in ’n buitegebou aangetref. Die man het met ’n skietwond aan sy kop in die gang gelê.”

Volgens die ambulansdiens het die kinders die skietery aanskou, maar is hulle fisiek ongedeerd.

Die voorval kom nadat ’n gesin van vyf verlede week in Durban uitgewis is in wat vermoed word ’n gesinsmoord was. Die lyke van ’n man, vrou en hul drie dogters – tussen nege en 17 jaar oud – is verlede Dinsdagnag in ’n huis in Isleworthlaan in Woodlands gevind.

Dit het later aan die lig gekom dat Bongekile Ntenza (42), ’n landdros in Durban, en hul drie kinders, Fekeza, Thabiso en Kwezi, vermoedelik deur haar man Sandile Mkhize (40) doodgeskiet is, het IOL berig.

Mkhize was ’n tolk by die landdroshof in Durban.

Meer oor:  Phoenix  |  Kwazulu Natal  |  Gesinsmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.