Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa steek glo baba tydens stryery dood

’n Man van die Wes-Kaap het Donderdagmiddag glo sy 16 maande oue babadogter by Bloemhofplaas in Buffeljagsrivier naby Swellendam doodgesteek.

Die baba is op die toneel ten aanskoue van haar 23-jarige ma dood.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die baba se pa en ma wat saam gewoon het, het gestry en hy het sy woede op die kind uitgehaal.

Pojie sê voorlopige inligting dui daarop dat die ma glo nie saam met die man wou gaan om werk in ’n ander dorp te gaan doen nie.

Die twee is vermoedelik albei plaaswerkers.

“Die pa het glo briesend kwaad geraak en die baba gesteek. Die baba het ’n snywond aan haar nek en ’n wond aan haar bors opgedoen,” sê hy.

Hy sê die vrou is nie ernstig beseer nie.

Die 33-jarige man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Swellendam op aanklag van moord verskyn.

Meer oor:  Swellendam  |  Wes-Kaap  |  Gesinsgeweld  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.