Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa vermoor glo seun om onderhoud vry te spring

’n Pa van Thaba Nchu het na bewering sy tienerseun laat vermoor omdat hy nie verder onderhoud wou betaal nie.

Só word beweer in die staat se klagstaat teen die pa.

Bure het Kearabetswe Leteane (16) in April verlede jaar dood op sy bed in Gladstone Trust, Thaba Nchu, aangetref nadat hulle enkele minute tevore skote gehoor het.

Die staat beweer sy pa, Teboho Chris Molatole (45), en sy stiefma, Kelebogile Monkie Molatole (47), het ’n huurmoordenaar, Kgwediyamorena Richard Sefuthi (32), R25 000 betaal om hom te vermoor.

Hul verhoor begin later vandeesmaand in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Probleme het glo in 2016 tussen die Molatoles en Kearabetswe se ma, Masibiti Leteane, ontstaan toe Teboho as onderwyser bedank en opgehou het om onderhoud vir sy kind te betaal, sê die staat.

Die egpaar en die vermeende huurmoordenaar is in Januarie vanjaar in hegtenis geneem.

Hy was woedend nadat Masibiti haar na die hof gewend het.

Teboho het op ’n vaderskaptoets aangedring. Nadat die DNS-toetse op 30 Maart verlede jaar bevestig het dat Kearabetswe sy seun is, het hy die kind se dood begin beplan, lui die klagstaat.

Teboho en sy nuwe vrou, Kelebogile, het na bewering aan verskeie mense gesê hulle wens Kearabetswe was dood.

Hulle het glo selfs genoem dat ’n toordokter hom kon vermoor.

Die egpaar het Sefuthi toe glo genader om van die seun ontslae te raak.

Die aand van 5 April het Kearabetswe ná sokkeroefeninge op sy bed gelê en ontspan. Sefuthi het sy kamer ingestap en hom in die kop en bors geskiet, lui die klagstaat.

Bure het die skote gehoor, ondersoek ingestel en op die seun se lyk afgekom.

Die egpaar en die vermeende huurmoordenaar is in Januarie vanjaar in hegtenis geneem.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Tienerseun  |  Moord  |  Onderhoud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.