Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa wat sy kind gooi Maandag in die hof
Die man wat sy eenjarige babameisie Donderdag vanaf sy sinkhuis in die Joe Slovo- nedersetting in Port Elizabeth se dak gegooi het, verskyn Maandag in die hof op ’n aanklag van poging tot moord.Foto: Lulama Zenzile

Die man wat Donderdag sy eenjarige kind van sy sinkhut in die Joe Slovo- informele nedersetting in Port Elizabeth se dak gegooi het, verskyn Maandag in die hof op ’n aanklag van poging tot moord.

Die DA het Sondag in ’n verklaring gesê Zakhele Mbhele, die party se skaduminister van polisie, en Nqaba Bhanga, die DA se leier in die Oos-Kaap, sal die hofsitting in die landdroshof in New Brighton bywoon.

“Om sy eie kind aan gevaar bloot te stel tydens ’n politieke betoging grens aan gruwelike huishoudelike geweld,” lui die verklaring.

Daarvolgens sal die DA ook van die geleentheid gebruik maak om konst. Luyolo Nojulumba te prys wat die dogtertjie gevang het.

“Ons doen ’n beroep op alle polisiebeamptes, veral dié verbind aan die polisie se eenheid belas met gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, om toegewyd te werk om geregtigheid te verseker vir die slagoffers en oorlewendes van seksuele mishandeling en huishoudelike geweld,” lui die verklaring verder.

Dié aanklag spruit uit ’n voorval Donderdag toe ’n pa (38) gedreig het om sy kind van sy hut se dak af te gooi omdat die munisipaliteit dit wou platslaan.

Die polisiebeampte het nog probeer om met die pa te onderhandel, toe gooi die man sy kind van die hut se dak af. Nojulumba het die kind net betyds gevang en die man is op die hut se dak platgeduik en geboei.

Die ma (35) het ontsteld op die grond gestaan en skree dat sy haar dogter wil terughê, maar die kind is weggevat.

Die kind se ma het kort voor die voorval langs die sinkhut gestaan en sê: “Hierdie is al huis wat ons het, ek doen al jare aansoek vir ’n huis, maar dit gebeur nie. Hulle kan nie ons huis vat nie.”

Sy het bygevoeg dat dit “wanhopige tye” is en dat sy die kind vir die man aangegee het toe hy op die hut se dak geklim het. Sy is ook aanvanklik in hegtenis geneem, maar is later vrygelaat. Volgens die polisie sal maatskaplike werkers oor die ma en baba toesig hou en bystand lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.