Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paarliet (78) bel seun ná aanval voor sy sterf

’n Bejaarde vrou van die Paarl in die Wes-Kaap kon Donderdag nog daarin slaag om haar seun te bel nadat ’n inbreker haar in haar huis oorval het.

Die polisie het Antoinette Breytenbach (78) egter dood in haar huis in West-straat, Noorder-Paarl aangetref.

Die inbreker, wie se planne vermoedelik in die wiele gery is, het met leë hande van die toneel gevlug.

Kapt. Louise du Plessis, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die vrou se selfoon buite die huis gevind. “Niks anders word uit die huis vermis nie.”

Breytenbach se dood het skokgolwe deur die rustige woonbuurt gestuur.

Die huis waarin ’n bejaarde inwoner van die Paarl vermoor is.Foto: Paarl Post

Die polisie het inwoners Vrydag gerusgestel dat hy alles moontlik doen om die moordenaar vas te trek.

Kol. Gerhard Braaf, waarnemende stasiebevelvoerder van die Paarlse polisie, sê die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium. Volgens voorlopige aanduidings lyk dit na ’n huisbraak wat skeefgeloop en in ’n moord ontaard het.

“Ons fynkam die huis vir leidrade. Forensiese spanne van Kaapstad was op die toneel en die ondersoek deur voort,” sê Braaf.

Die polisie het Vrydag steeds probeer vasstel hoe die aanvaller toegang tot die huis verkry het.

Braaf sê Breytenbach het sigbare beserings opgedoen, maar die polisie wag vir die uitslag van die nadoodse ondersoek wat die presiese oorsaak van haar dood sal bepaal.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Aanval  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.