Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paartjie erg aangerand in plaasaanval

Plaasaanvallers het ’n man met ’n serp gewurg en sy geslagsdele met ’n skerp voorwerp gekap.

’n Bebloede Timothy Rademeyer (51) en sy lewensmaat, Dirkie Voges (61), is Woensdag op hul plaas in die Welbekend-gebied naby Bapsfontein gekry.

Voges kon tot by die plaaspad stap en hulp ontbied.

Candice Allison, ’n plaaslike paramedikus, was een van die eerste mense wat na die plaashuis gejaag het om die paartjie te help.

Haar neef, Ian Jackson, het omstreeks 07:30 verby die paartjie se plaas gery toe hy die bebloede Voges langs die pad sien.

Hy het dadelik sowat 3 km verder na Allison gejaag en gesê sy moet dringend help.

’n Bloedige toneel het Allison begroet.

’n Serp, waarmee die aanvallers Rademeyer gewurg het, was so styf geknoop dat sy dit moes lossny. Een van sy ribbes is ook vermoedelik gebreek.

“Hy het lelike snye aan sy kop en arms gehad. Sy private dele was ook gesny,” sê Allison.

Ek weet net my pa het baie seergekry.

Dit lyk ook asof Rademeyer en Voges erg geskop en geslaan is.

Voges het harsingskudding opgedoen en haar oortrommel is gebars.

Rademeyer is in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas.

Rudi Voges (30), Dirkie se seun, het Woensdagmiddag aan Netwerk24 gesê sy ma het lelike snymerke op haar kop.

“Ons praat nog nie te veel oor wat gebeur het nie. Die belangrikste is dat sy nou rustig is,” het Rudi gesê. Voges is Woensdagmiddag uit die hospitaal ontslaan.

Sy pa bekommer Rudi die meeste. Die hospitaal wil nog nie presies vir hom sê wat alles met sy pa fout is nie, sê hy.

“Ek weet net my pa het baie seergekry.”

Volgens Rudi word vermoed dat vier tot ses aanvallers Dinsdagaand of Woensdagoggend vroeg by sy ouers se huis ingebars het.

Die voordeur is vermoedelik oopgebreek.

Rademeyer en Voges het alleen gewoon.

Rademeyer is in die gebied bekend vir sy houtwerk, en heelwat van sy gereedskap is gesteel.

Dit blyk verder dat die egpaar – wat op ’n karige inkomste oorleef – se laaste bietjie kontant (sowat R300) ook gesteel is.

Selfone is die enigste ander besittings wat vermis word.

Ek weet nie wat die motief vir die aanval was nie. Die gesteelde gereedskap is so oud dat ’n mens amper niks daarvoor sal kry as jy dit verkoop nie.

Die aanvallers het vermoedelik in ’n wit Ford Bantam-bakkie gevlug.

“Ek weet nie wat die motief vir die aanval was nie. Die gesteelde gereedskap is so oud dat ’n mens amper niks daarvoor sal kry as jy dit verkoop nie,” sê Rudi.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die voorval bevestig.

Die polisie kon nie die voorval dadelik sonder ’n saaknommer bevestig nie.

Meer oor:  Aangerand  |  Plaas  |  Plaasaanvallers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.