Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paartjie gekaap toe hulle op agtersitplek gesels

’n Paartjie van Bloemfontein is gekaap toe hulle laataand voor die vrou se ouerhuis op die agtersitplek van ’n motor gesit en gesels het.

Zolisa Maduba (20) en sy vriendin, Remofilwe Molwantwa (20), was Woensdagaand in sy rooi Volkswagen Polo Vivo GT in die woonbuurt Dan Pienaar toe twee mans verbygestap het.

Maduba, ’n BCom-student aan die Universiteit van die Vrystaat wat op die Woodland Hills-landgoed bly, sê hy het vir Molwantwa gaan kuier waar sy by haar ouers bly.

Hulle het omstreeks 21:45 eers in die motor gesit voor hulle in die huis sou gaan.

Maduba sê Molwantwa het onmiddellik vermoed die twee mans lyk verdag. Hy het egter niks vreemd vermoed nie.

Zolisa Maduba
Zolisa Maduba Foto: Nyakallo Mahloko
Die een ou het ’n vuurwapen op ons gerig, aan die venster geklop en gewys ek moet oopmaak.

“Hulle het teruggekom en ons het agterdogtig en senuagtig begin raak.

“Ons het gedink hulle loop verby, maar hulle het na die motor geloop en probeer om die deure oop te maak.”

Maduba het die motor net betyds gesluit.

“Die een ou het ’n vuurwapen op ons gerig, aan die venster geklop en gewys ek moet oopmaak.”

Hulle het gekoes. Die man met die vuurwapen het om die motor beweeg en Maduba het met die sleutel in die hand na die bestuurdersitplek oorgeklim om die motor aan te sluit.

Een van die kapers het die ruit aan die bestuurderskant met ’n baksteen stukkend gekap en hulle is uit die motor gedwing, waarna die kapers weggejaag het.

Maduba sê Molwantwa het in die straat om hulp geskree. Hulle albei is nog ’n “bietjie getraumatiseer”.

Sy raad ná die voorval is dat mense altyd op die uitkyk moet wees en eerder in die huis kuier as om in ’n motor te sit, nie net in die donker nie, maar ook bedags.

“Ek het gedink dit is ’n baie veilige gebied, omdat dit ’n goeie woonbuurt is.”

Maduba se motor is dieselfde aand nog opgespoor en hy is verheug.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die motor is om 22:54 verlate in Phola Park in die informele woonbuurt Batho gekry.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.