Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paartjie met hamer aangerand in plaasaanval

’n 89-jarige man en sy 57-jarige lewensmaat is Donderdag op hul kleinhoewe naby Marikana met ’n hamer aangeval.

Drie rowers het by die paartjie se huis op hul kleinhoewe in die Barnardsvlei-omgewing ingebreek terwyl hulle geslaap het. Die rowers het geld en vuurwapens geëis, sê lt.kol. Amanda Funani, ’n polisiewoordvoerder in Noordwes.

“Die man en vrou is erg aangerand en moes na ’n hospitaal geneem word vir behandeling.”

Die verdagtes het op die vlug geslaan met die man se Toyota-bakkie, selfoon, motorfiets, vuurwapen en sonpanele.

Die bakkie is later sowat 2 km van die kleinhoewe af gevind met van die gesteelde goedere op die bak.

Die rowers is nog soek.

Meer oor:  Marikana  |  Plaasaanval  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.