Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paartjie van Elandsberg in plaashuis oorval

’n Paartjie wat na wat verneem word bejaard is, is Maandagaand deur vyf verdagtes in hul plaashuis in Elandsberg, Clanwilliam, aangeval.

Volgens die Clanwilliam-polisie is hulle omstreeks 21:30 uitgeroep nadat die groep vermeende rowers vermoedelik deur ’n oop deur toegang tot die plaashuis verkry en die paartjie oorrompel, gedreig en besteel het.

“Die slagoffers is met ’n vuurwapen en ’n skerp voorwerp gedreig. Die aanvallers het vuurwapens en kontant geëis waarna hulle met die paartjie se voertuig, ’n selfoon en ’n skootrekenaar gevlug het,” het Siyabulela Malo, die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Malo het polisielede leidrade opgevolg en is twee van die verdagtes in die Piketberg-omgewing vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom gearresteer. Die polisie soek nog na die res van die vermeende aanvallers.

Intussen het die Redelinghuys-plaasbuurtwag op sy Facebook-blad geskryf dat dit bejaardes is wat aangeval is,

Intussen het die Redelinghuys-plaasbuurtwag op sy Facebook-blad geskryf dat dit bejaardes is wat aangeval is en dat hul Honda CR-V, met die registrasienommer CAR1038, kontant en juweliersware gesteel is.

Die groep het glo ook inligting ontvang dat die voortvlugtendes blou oorpakke aangehad het.

Billy Claasen, uitvoerende direkteur van die Rural and Farmworkers Development Organisation het die aanval veroordeel en gesê hy is verlig dat niemand beseer is nie.

“Sover ons kennis strek, is van die verdagtes aangekeer en is die polisie op die res se spoor.”

Hy het plaaswagte en sekere boeregroepe gemaan om nie eiematig op te tree nie. “Hulle moet dat die polisie hul werk doen en die verdagtes aankeer,” het Claasen gesê.

Malo sê mense met inligting oor die aanval moet die Clanwilliam-polisiekantoor by 027 482 5800 of die polisie se Stopmisdaadnommer by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Clanwilliam  |  Elandsberg  |  Rooftog  |  Plaasaanval  |  Bejaardes  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.