Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pangarker het misdaadrekord sedert 1980’s

Die man wat van Tazne van Wyk (8) se ontvoering en moord aangekla word, het volgens die nasionale vervolgingsgesag (NVG) ’n ellelange misdaadrekord.

Moyhdine Pangarker (54) is die eerste keer in 1981 gevonnis vir diefstal en huisbraak ná twee voorvalle in Elsiesrivier.

In 1988 is hy skuldig bevind aan ’n aanrandingsaak in Ravensmead. Drie jaar later in 1991 is hy in Kimberley skuldig bevind aan diefstal. Daarna is hy in 1998 in Laingsburg skuldig bevind aan huisbraak.

Moyhdine Pangarker (54)

Volgens inligting wat Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, aan die media gegee het, is hy in 2003 in Ladismith in die Wes-Kaap skuldig bevind aan aanranding. Hy is ook in 2003 in Ladismith skuldig bevind aan aanranding. Dieselfde jaar is bevind dat hy die voorwaardes vir sy korrektiewe toesig verbreek het en hy is ook daaraan skuldig bevind.

Tazne van Wyk (8). (Missing Children SA)
Tazne van Wyk (8)

Hy is in 2003 in hegtenis geneem vir die ontvoering en mishandeling van sy tweejarige naamgenoot, Moyhdine Pietersen. Die saak het in 2004 begin en in 2008 is hy skuldig bevind aan ontvoering, kindermishandeling en strafbare manslag. Hy is tot tien jaar tronkstraf vir al drie die skuldigbevindings gevonnis .

Pangarker is in Oktober 2016 op parool vrygelaat. Hy moes vir die duur van sy parool in Ladismith woon.

Op 6 Februarie 2019 is hy as ’n droster verklaar nadat die departement van korrektiewe dienste hom ná vele besoeke nie kon opspoor by die adres waar hy tydens sy parool moes bly nie.

In Februarie 2019 is ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Twee dae voordat hy na bewering vir Tazne ontvoer het, het die polisie in Ladismith korrektiewe dienste gekontak om te sê dat Pangarker deur die Worcester-polisiekantoor gesoek word vir ’n hofsaak daar. Hy het egter nooit by die hof opgedaag nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.