Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paramedici wat man behandel in Theunissen aangeval
Die ambulans waarvan die banke stukkend gesteek is toe mense paramedici in Theunissen aangeval het in ’n poging om by hul pasiënt uit te kom. Foto: Verskaf

Paramedici van die Vrystaatse gesondheidsdepartement is Sondag in die vroeë oggendure in Theunissen in die Vrystaat aangeval terwyl hulle ’n pasiënt behandel het.

Die voorval het omstreeks 01:00 in Lusaka, Theunissen, gebeur terwyl die paramedici ’n man, wat glo aangerand is, behandel het.

Dieselfde groep mense wat die man aangerand het, het toe die paramedici aangeval omdat hulle die man gehelp het.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê die paramedici was besig om die pasiënt te stabiliseer en het versterking van nog ’n ambulans ingeroep toe die mense die paramedici probeer aanval het.

Die mense het die eerste ambulans se bande stukkend gesteek en het probeer om in die ambulans te spring waarin die beseerde man was.

Al vier die paramedici het saam met die pasiënt in die ander ambulans weggejaag. Die polisie het later die beskadigde ambulans aan hulle terugbesorg.

Montseng Tsiu, LUR van die departement van gesondheid in die Vrystaat, het dié aanval sowel as ’n inbraak by die plaaslike kliniek verlede week veroordeel.

Misdadigers het probeer om ’n bussie van die kliniek, wat gebruik word om pasiënte te vervoer, te steel.

Volgens Mvambi is die paramedici nie beseer nie, maar hulle sal berading ontvang.

Tsiu het ’n beroep gedoen op inwoners om nie noodpersoneel, wat net hul werk doen, aan te val nie.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ’n klag van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Theunissen  |  Rooftog  |  Paramedici  |  Ambulans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.