Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Parfuum ook gebuit by Rondebosch se Clicks
Die leë glaskaste by die Clicks-winkel in Rondebosch.Foto: Meghan Lawrence

Parfuum is Dinsdagoggend omstreeks 03:48 uit die glaskaste van die Clicks-winkel in Rondebosch gesteel nadat vyf mans ’n venster met ’n baksteen stukkend gegooi het.

“ ’n Onbekende voertuig het voor die kosmetiekwinkel gestop en die vyf onbekende verdagtes het uit die voertuig gespring, die venster gebreek en ’n onbekende hoeveelheid parfuum uit die kaste gesteel,” sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Die Rondebosch-polisiekantoor is sowat 300 meter van Clicks af geleë.

Die inbraak is feitlik identies aan ’n inbraak wat op 21 Oktober in Tuine plaasgevind het. Vyf mans het toe ook by die Clicks-winkel in die Gardens-sentrum glasvensters met ’n swaar sementblok gebreek en parfuum gesteel.

Niemand is nog vir die diefstal in Rondebosch in hegtenis geneem nie.

Die afdeling vir parfuum was Dinsdag vir klante gesluit.Foto: Meghan Lawrence
Die toneel ná die inbraak by die Clicks-winkel in die Gardens-sentrum in Oktober. Foto: Facebook
Die versperde hoofingang van die Clicks-winkel in Rondebosch. Foto: Meghan Lawrence

Clicks in Rondebosch se parfuumafdeling was Dinsdag teen 14:00 steeds vir klante afgesper, maar die winkel was oop. ’n Lid van die forensiese eenheid het steeds vingerafdrukke gesoek.

Die inbrekers het klaarblyklik van die hoofingang af toegang verkry. Dit was teen 14:00 steeds afgesper. Klante het Dinsdagmiddag ’n tweede agteringang gebruik.

Clicks se hoofingang is in die hoofweg in Rondebosch geleë. Dié straat is besig omdat studente van die Universiteit van Kaapstad gereeld daar verbystap.

’n Polisiebron na aan die ondersoek sê hulle probeer beeldmateriaal in die hande kry om te sien of daar ’n registrasienommer op die voertuig is wat tydens die rooftog gebruik is.

Rachel Wrigglesworth, Clicks se hoof- kommersiële beampte, sê geen klante of werknemers van Clicks is beseer nie.

Meer oor:  Rondebosch  |  Parfuum Clicks  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.