Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Party bied beloning ná ‘sluipmoord’ op vrywilliger
Mothusi Thibedi.Foto: Facebook

Die nuwe politieke party van Herman Mashaba, ActionSA, het ’n beloning van R50 000 uitgeloof nadat ’n vrywilliger van die party voor sy huis in Soweto deur ’n onbekende aanvaller doodgeskiet is.

Mothusi Thidebi is verlede Maandag voor sy huis in Moroka-Noord in Soweto buite Johannesburg doodgeskiet kort nadat hy by sy huis aangekom het.

Hy het teruggekeer van roetine-inspeksies saam met lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum.

Thibedi is Donderdag begrawe.

Die beloning word uitgeloof vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat tot die suksesvolle inhegtenisname en vervolging van die skuldiges lei, sê die party in ’n verklaring.

Volgens die party het ’n onbekende persoon Thibedi Maandag buite sy huis oorrompel en hom een keer in die rug en twee keer in die bors geskiet.

Hy het op pad na die hospitaal beswyk.

“Die omstandighede rondom sy moord is onbekend, maar alle aanduidings dui op ’n sluipmoord,” sê die party.

Die party sê wel daar moet nog vasgestel word of Thibedi se moord polities van aard is.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeamptes by 082 778 9035 of 082 557 6951 bel.

Meer oor:  Actionsa  |  Herman Mashaba  |  Sluipmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.