Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PAS BEKEND: Lasbrief uitgereik vir Ace se inhegtenisneming

’n Lasbrief is Dinsdag uitgereik vir Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, se inhegtenisneming in verband met die korrupte asbesdakke-oudit van die Vrystaatse regering waarvoor sewe mense reeds in die landdroshof in Bloemfontein teregstaan.

Magashule sal Vrydag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn, het 'n woordvoerder van die Valke aan Netwerk24 gesê.

Ace Magashule
Ace Magashule

Die uitreiking van die lasbrief kom aan die vooraand van die uitgeskopte burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli, die miljoenêr-sakeman Edwin Sodi, die hoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, Nthimotse Mokhesi, die verkrygingshoof van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings, Mahlomola Matlakala, Sello Radebe, eienaar van die maatskappy Mastertrade 232, en Abel Manyeki se verskyning in die Bloemfonteinse streekhof.

Die saak spruit uit die asbesdak-oudit van R255 miljoen van die Vrystaatse regering wat volgens die staat op “bedrieglike en korrupte wyse” tussen 2014 en 2016 uitgevoer is.

Hulle staan op agt aanklagte van bedrog en 44 van geldwassery tereg. Sodi, Mokhesi en Zulu staan ook op aanklagte van korrupsie tereg.

'n Woordvoerder van die Valke het dit aan Netwerk24 bevestig.

Hierdie is 'n ontwikkelende storie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Korrupsie  |  Staatskaping  |  Asbesdak-Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.