Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-rugbyspeler in arres ná moord op Kinnear

Die opdrag om lt.kol. Charl Kinnear te vermoor het volgens bronne uit Gauteng gekom, maar is deur ’n middelman in die Wes-Kaap bewillig.

Kinnear, ’n speurhoof by die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, was die afgelope paar jaar betrokke in ’n ondersoek wat verband hou met die onwettige uitreik van vuurwapenlisensies in Gauteng.

In die weke voor sy dood het hy in Springs aan die Oos-Rand gewerk waar hy dossiere, wat verband hou met twee brigadiers se betrokkenheid by die smokkelnetwerk, daar gaan ondersoek het.

Die bronne sê dit is nie net die brigadiers wat in Kinnear se visier gekom het nie. Hy het ook die betrokkenheid van oudpolisiemanne by die smokkelnetwerk gaan ondersoek.

kinnear
Die verdagte. Die foto is aangepas om sy identiteit te verberg voordat hy in die hof sal verskyn.

Een van die mense van belang vir Kinnear, behalwe die brigadiers, is ’n afgetrede polisiekolonel.

Intussen het die Valke Donderdag in ’n verklaring gesê ’n 39-jarige man, ’n voormalige beroepsrugbyspeler, verskyn Vrydag in die landdroshof in Bishop Lavis in verband met Kinnear se moord.

Hy is glo die een wat die nasporing van Kinnear se selfoon gedoen het.

Bronne het Woensdag gesê hy is glo betrokke by skuldinvordering van voertuiglenings vir banke.

Lt.kol. Charl Kinnear

Wes-Kaapse speurders het hom Dinsdag by sy huis in Springs in hegtenis geneem, waarna hy na die Germiston-polisiekantoor gebring is en Woensdag tot die vroeë oggendure ondervra is.

Die speurders het daarna met die man na Kaapstad gereis. Hulle het glo Donderdag in die vroeë oggendure in Kaapstad aangekom.

Netwerk24 het vroeër berig Kinnear het Nafiz Modack, een van die beweerde rolspelers in Kaapstad se onderwêreld, ondersoek in verband met sy beweerde betrokkenheid by die uitreik van onwettige vuurwapenlisensies by polisiekantore in Gauteng.

Modack en 20 ander mense, wat insluit vuurwapenhandelaars en polisiebeamptes, is reeds in Junie vanjaar in verband daarmee in hegtenis geneem en het op 17 Junie in die landdroshof in Kempton Park verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog en regsverydeling en aanklagte wat verband hou met oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Die Valke het Donderdag gesê die ondersoek na Kinnear se moord gaan voort en nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.

Kinnear is verlede Vrydag voor sy huis in Sidneyvale, Bishop Lavis, deur ’n onbekende man in ’n rooi-kappietop geskiet. Hy is meer as vyf keer raakgeskiet en het op die toneel gesterf.

Netwerk24 het Saterdag berig sy selfoonseine is vir maande voor sy dood deur iemand nagespoor. Die oggend van sy dood is sy foon van 08:00 tot kort voor sy dood nagespoor.

Meer oor:  Charl Kinnear  |  Kinnear-Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.