Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pasiënt in Stellenbosse hospitaal vermoor

’n Pasiënt van 41 jaar is in Stellenbosch se provinsiale hospitaal vermoor.

Die man is vermoedelik verwurg. Sy lyk is Woensdag omstreeks 01:25 onder ’n hospitaalbed gevind.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het die voorval bevestig.

Die man se familie is van sy dood in kennis gestel. Die forensiese dienste sal ’n lykskouing doen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Lt.kol. André Traut van die polisie sê die saak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Dié hospitaal is in Merrimanlaan in die middel van die dorp by die Universiteit Stellenbosch se kampus geleë.

Meer oor:  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.