Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pasiënt in Witbank-hospitaal doodgeskiet

’n Pasiënt wat Woensdagaand in ’n skietery in Mpumalanga gewond is, is Saterdagaand in die hospitaal se gange in Emalahleni (Witbank) doodgeskiet nadat hy vermoedelik sy skieter herken het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n soektog van stapel gestuur nadat die 34-jarige man in die hospitaal doodgeskiet is.

“Die slagoffer is Woensdag in die Emalahleni- provinsiale hospitaal opgeneem nadat hy ’n skietwond aan sy bolyf opgedoen het. Hy was Saterdagaand saam met ander pasiënte in die saal, toe hy ’n man in die saal herken het.”

Hlathi sê daar het omstreeks 18:45 ’n stoeiery tussen die twee mans ontstaan, waarna hulle in die hospitaalgang beland het.

“Die een man het ’n vuurwapen uitgepluk en die slagoffer meer as een keer geskiet voordat hy uit die hospitaal padgegee het,” sê Hlathi.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiehoof, sê die polisie sal nie rus totdat hulle die skieter agter tralies het nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Brig. Leonard Hlathi  |  Mpumalanga  |  Emalahleni  |  Witbank  |  Hospitaal  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.