SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Passasier skiet busbestuurder 3 keer in kop
Die bestuurder van dié bus is Dinsdagoggend in Redcliffe in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Foto: Prem Balram

’n Busbestuurder is Dinsdagoggend in Redcliffe, KwaZulu-Natal, in die kop geskiet deur iemand wat hom as ’n passasier voorgedoen het.

Die 31-jarige man is op die toneel dood verklaar.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n moorddossier is by die Verulam-polisiekantoor geopen.

Die voorval het omstreeks 06:30 in Buffelsdraai gebeur. Foto: Prem Balram

“Die voorval het omstreeks 06:30 in Buffelsdraai gebeur. Die man het vir ’n kort rukkie voor die skietery as ’n passasier op die bus gery en het reg agter die busbestuurder gesit,” sê Gwala.

“Ná die skietery het hy in ’n motor gespring wat op hom gewag het. Die motief vir die aanval word ondersoek.”

Prem Balram, woordvoerder van die plaaslike veiligheidsmaatskappy Reaction Unit SA (Rusa), sê die busbestuurder is drie keer in die kop geskiet.

“Volgens ooggetuies is die verdagte ná die skietery deur ’n wit Volkswagen Polo opgelaai, wat toe van die toneel weggejaag het. Drie 9 mm-patroondoppies is op die toneel gekry,” sê Balram.

“Volgens passasiers het die bus nog beweeg nadat die bestuurder geskiet is. Dit het uiteindelik in die middel van die pad tot stilstand gekom. Niemand anders is in die voorval beseer nie.”

Die busbestuurder is glo drie keer met ’n 9 mm-pistool in die kop geskiet. Foto: Prem Balram
Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Moord  |  Busbestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.