Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pastoor in hegtenis wat glo meisies verkrag

’n Bekende pastoor van Seshego buite Polokwane in Limpopo en vyf van sy kerklidmate is agter tralies weens beweerde misdrywe wat 40 aanklagte van onder meer verkragting, bedrog van etlike miljoene rande en omkopery insluit.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 57-jarige man is Maandag in hegtenis geneem. Die vyf lidmate, almal tussen 24 en 59 jaar oud, sal Dinsdag in die landdroshof in Seshego verskyn.

Selfs pensioentrekkers is glo afgepers om hul geld vir die kerk te gee.

Die pastoor was uit op borgtog van R2 000 toe hy Maandag in hegtenis geneem is. Dit is toegestaan nadat hy in 2012 twee meisies, wat toe 12 en 14 jaar oud was, na bewering verkrag het.

Lidmate beweer dat die pastoor en sy medebeskuldigdes glo selfs sterfgevalle van lidmate nie by die polisie aangemeld het nie.

Mojapelo sê van die lidmate het by die polisie gekla oor beweerde misdrywe. Hulle beweer dat hulle glo aangerand is tydens kerkdienste as hulle nie hul maandelikse tiende vir die kerk kon gee nie.

Mojapelo sê van die kerkgangers is glo afgepers en moes hul huise en motors verkoop en die geld aan die kerk skenk.

Selfs pensioentrekkers is glo afgepers om hul geld vir die kerk te gee.

Die pastoor het na bewering meisies van so jonk as 14 jaar verkrag.

Mojapelo sê die ondersoek duur voort en daar mag moontlik nog mense in hegtenis geneem word.

Die pastoor, wie se identiteit nie bekend gemaak mag word voordat hy op die aanklagte van verkragting teen hom gepleit het nie, moet Vrydag in die landdroshof in Mankweng, sowat 30 km buite Polokwane, verskyn weens die beweerde verkragtings in 2012.

Meer oor:  Polokwane  |  Omkopery  |  Verkragting  |  Verkrag  |  Pastoor  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.