Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pastoor lok en verkrag vrou glo in sy huis

’n Pastoor van Bloemfontein verskyn Woensdag in die landdroshof in die stad nadat hy na bewering die naweek ’n vrou in sy huis aangehou en verskeie kere verkrag het.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, is ’n 54-jarige pastoor Sondag in sy huis in Lakeview aangekeer nadat sy vermeende slagoffer telefonies hulp ontbied het.

Lede van 10111 het die Valke in die inhegtenisneming bygestaan.

Singo sê die pastoor het die vrou na bewering Vrydag werk as huishulp aangebied en sy moes glo ook na sy seun omsien.

Die pastoor het die vrou glo ingelig dat hy deur die nag ’n kerkdiens in Thaba Nchu moet bywoon en dat sy Vrydagaand na die seun by die huis moet omsien.

“Die pastoor het egter by die huis gebly en hom na bewering verskeie kere op die vrou afgedwing deur haar Vrydag en Saterdag telkens deur die nag te verkrag.”

Volgens Singo het haar pleidooie om vrygelaat te word glo op dowe ore geval.

Hy sê die vrou het glo uiteindelik Sondag die pastoor se selfoon in die hande gekry en die polisie ontbied.

Sy het kort daarna met die seun uit die huis gevlug.

Volgens Singo is ’n gesteelde voertuig glo ook met sy inhegtenisneming by die huis aangetref.

Die pastoor verskyn Woensdag op aanklagte van verkragting, mensehandel en die besit van ’n gesteelde voertuig.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Landdroshof  |  Verkrag  |  Pastoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.