Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pastoor vas oor huurmoord op Bfn-boer
Ntau Lucas Mokoena
Ntau Lucas Mokoena is in sy huis vermoor. Foto: Facebook/ntaulucas.mokoena
Kelebogile Louisa Mokoena
Kelebogile Louisa Mokoena, vrou van die vermoorde Ntau Lucas Mokoena, tydens ’n vorige verskyning in die landdroshof in Bloemfontein. Hier word sy na die hofselle begelei. Foto: Alzane Narrain

’n Pastoor is in verband met die huurmoord op ’n bekende sakeman en opkomende boer van Bloemfontein in hegtenis geneem.

Die 31-jarige pastoor word daarvan verdink dat hy Ntau Lucas Mokoena (51), ’n opkomende boer en taxibaas, die aand van 8 Julie in sy huis in Fichardtpark in die stad doodgeskiet het.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê die man verskyn Maandag op aanklag van moord in die landdroshof in Bloemfontein.

Sy inhegtenisneming spruit uit die gebeure verlede maand toe Mokoena se vrou, Kelebogile Louisa Mokoena (51), ’n verpleegster, glo die verdagte en twee ander mans gewerf het om haar man te vermoor.

Kelebogile het glo ure voor die moord ’n deposito aan die drie betaal.

Sy het glo haar eie honde vergif sodat hulle nie sou blaf wanneer die huurmoordenaars hul erf in Schnehagesingel binnekom nie.

Nadat die honde gevrek het, het Kelebogile glo die hek en voordeur oopgelos sodat die drie mans toegang tot die huis kon kry.

Die mans het Mokoena in sy huis ingewag en oorval.

Daarna is die egpaar glo in hul slaapkamer vasgebind voordat Ntau in die kop geskiet is.

Kelebogile is ’n dag ná die moord in hegtenis geneem en het haar formele aansoek om borgtog in die landdroshof in Bloemfontein laat vaar.

Sy bly in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.