Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pastoor wat glo vroue misbruik daag by Valke op
Die pastoor wat in verband met seksuele misdrywe gesoek word, is in boeie by die Valke se kantoor in Port Elizabeth aangebring.Foto: Cara-Lee Dorfling

Die pastoor wat in verband met beweerde seksuele misdrywe gesoek word, het Donderdagmiddag by die Valke se kantoor in Port Elizabeth in boeie aangekom.

Die pastoor, wat glo minstens drie kerke in die land bestuur, het na bewering vroue wat in die kerke werk seksueel misbruik.

Die pastoor het in die soeklig gekom toe ’n vrou van Port Elizabeth aantygings van seksuele aanranding teen die hom gemaak het.

Die ondersoek het in dié stad begin en daarom het die pastoor glo ingestem om hom hier aan die polisie oor te gee.

Die pastoor het in ’n groot voertuig, wat deur polisievoertuie met loeiende sirenes vergesel was, by die kantore van die Valke aangekom. Met sy donkerbril op sy gesig en ’n kleurvolle baadjie aan, het polisiebeamptes van die taktiesereaksie-eenheid (TRT) die pastoor verby die talle mediaverteenwoordigers tot in die kantoor vergesel.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Valke  |  Port Elizabeth  |  Seksuele Misdrywe  |  Pastoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.