Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PE-man pleit vir gesin se veiligheid voor hy rower skiet

Oomblikke voordat ’n man Vrydagoggend een van drie vermeende rowers in die maag geskiet het, het hy by hulle gepleit om nie sy vrou en kinders seer te maak nie.

Die polisie staan op die toneel in Algoapark waar ’n vermeende rower Vrydagoggend deur ’n huiseienaar geskiet is. Foto: Lulama Zenzile

Die voorval was Vrydag omstreeks 08:00 by ’n huis in Fairhamweg, Algoapark, in Port Elizabeth.

Die vrou het saam met haar kinders in die huis se oprit gesit toe een van die vermeende rowers glo ’n vuurwapen teen haar kop druk. Sy en die kinders was op pad skool toe.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die drie mans die vrou in die huis ingedwing, maar die kinders in die motor gelos.

Anders as wat vroeër berig is, sê Naidu die drie rowers het nie spesifiek vir die man gevra nie, maar dat hy op die rowers in die huis afgekom het.

Die man het blykbaar aan hulle gesê hulle kan vat wat hulle wil hê en gepleit dat hulle nie sy vrou en kinders moet seermaak nie.

Terwyl die drie mans juweliersware in die slaapkamer gevat het, het die man sy vuurwapen gekry en op hulle begin skiet.

Een van die rowers is in sy maag gewond en deur die ander twee uit die huis gesleep terwyl hulle skote op die huiseienaar afgevuur het.

Die rowers het hul makker egter op die erf gelos en gevlug.

Die gewonde man is in ’n hospitaal opgeneem waar hy onder polisiebewaking is. Die ander vermeende rowers is nog nie vasgetrek nie.

Sake van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

Meer oor:  Kol. Priscilla Naidu  |  Port Elizabeth  |  Rower  |  Vuurwapen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.