Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PE-paartjie wreed in huis vermoor

Speurders van die Bethelsdorp-polisiekantoor in Port Elizabeth het ’n grootskaalse soektog gelas na die persone wat ’n paartjie in hul huis in Greenfields vermoor het.

Sonwabo Nquma (52) en sy lewensmaat, Nomvuyo Nelson (56), is Saterdag laas lewend gesien.

Volgens die polisie het ’n vriend Saterdag om 16:30 by die oorledenes se huis in Emantshilibenistraat aangedoen.

Toe hulle nie antwoord nie, het hy die deur oopgeskop, sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

“Hy het hulle op die grond sien lê. Hulle was reeds dood,” sê sy.

Nquma se lyk was gedeeltelik verbrand en sy hande en voete was vasgebind.

Hy het ook ’n oop wond aan sy kop gehad.

Nelson se naakte lyk het veelvuldige wonde aan haar kop gehad.

Daar het ’n byl naby een van die lyke gelê.

Janse van Rensburg sê die huis is geplunder, maar dit is nie duidelik of enigiets gevat is nie.

Die motief vir die moorde is onbekend.

Enigeen met inligting oor die moorde kan lt.kol. Alan Stuurman bel by 071 608 1642, of die Bethelsdorp-polisiekantoor by 041 404 3005, of Stop Misdaad by 08600 10111. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Greenfields  |  Bethelsdorp  |  Dubbelle Moord  |  Polisie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.