Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PE-polisie soek huisrowers wat vroue en kind (2) oorval

Die polisie in Port Elizabeth was Woensdagoggend nog op soek na huisrowers wat twee vroue en ’n tweejarige kind Dinsdagoggend in ’n huisbraak vasgebind en beroof het.

Twee gewapende mans het deur ’n oop venster toegang tot ’n huis in Williamstraat in die woonbuurt Charlo verkry.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die 33-jarige huishulp een van die mans in die sonkamer aangetref, terwyl die tweede man nog besig was om by die venster in te klim.

Sy het gehardloop om die huiseienaar se 28-jarige suster, wat nog saam met haar tweejarige dogter geslaap het, te waarsku.

Die inbrekers het die huiswerker gevolg en die vroue en kind met skoenveters in die kamer vasgebind.

Die verdagtes het hierna die kluis opgespoor en dit oopgebreek. Hulle het ’n 9 mm-Beretta, twee iPhones en juweliersware gebuit.

Die polisie raam die waarde van die gesteelde goedere op sowat R60 000.

Naidu sê die mans is weer deur die venster by die huis uit, waarna die vroue hulself losgemaak en die polisie ontbied het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Soektog  |  Huisrowers  |  Misdaad  |  Huisbraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.