Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PE-polisie tree flink op en kry R4 m. se motorbande terug

Motorbanddiewe is hul buit van nagenoeg R4 miljoen kwyt danksy spoedige reaksie van die polisie in Port Elizabeth.

Die sowat 1 168 motorbande is Saterdag deur polisielede van die KwaZakhele-polisiekantoor by ’n onderneming in Burmanweg gekonfiskeer.

Die buitebande is blykbaar Vrydag by die bandevervaardiger Continental Tyre in Sidwell deur sowat sewe mans gesteel.

Van die gesteelde motorbande wat Saterdag deur die polisie in Port Elizabeth in die pakhuis van ’n onderneming in Burmanweg teruggekry is. Foto: Verskaf

Volgens die polisie het die groep mans Vrydagaand omstreeks 21:30 met ’n vragmotor by die onderneming opgedaag.

Die veiligheidswag aan diens is glo met ’n vuurwapen gedreig voordat sy selfoon, die hek se afstandbeheerder en twee rekenaarskerms afgevat is.

Die groep het ’n sleepwa vol motorbande aan hul vragmotor gehak en weggery.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Saterdag inligting van die opsporingsmaatskappy ontvang dat die sein van die gesteelde sleepwa se opsporingstoestel in Burmanweg opgetel word.

Die sleepwa wat glo gebruik is in die diefstal van die motorbande, is ook deur die polisie teruggekry. Foto: Verskaf

In Burmanweg kon die polisie die sein volg na ’n gebied waar die sein tussen vier ondernemings geleë was.

Naidu sê die polisie het al die ondernemings deurgesoek, behalwe vir een wat veiligheidswagte by die hek gehad het.

“Die polisie is aanvanklik toegang tot die onderneming geweier, maar terwyl hulle verduidelik het hoekom hulle daar is, het hulle die sleepwa langs ’n hoop buitebande binne die pakhuis opgemerk,” sê Naidu.

Die polisie het oplaas toegang gekry, waarna die sleepwa in die pakhuis as die gesteelde sleepwa geidentifiseer is.

Naidu sê die bande is ook gekonfiskeer, maar niemand is onmiddellik in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die Oos-Kaap se polisiekommissaris, het misdadigers gewaarsku dat die polisie die komende feestyd nie sal rus nie.

“Ons teenwoordigheid sal gevoel word. Dié sukses is ’n bevestiging dat ons die gety van misdaad omdraai.

“En ons sal daarmee voortgaan gedurende die feestydperk en daarna,” het Ntshinga gesê.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.