Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PE rou op Vrouedag ná moord op vrou

Honderde inwoners van Korsten en Schauderville in Port Elizabeth het op Vrouedag in opstand gekom teen geweld teen vroue en kinders ná die grusame moord op ’n jong vrou van hier.

Terwyl die res van die land Sondag die bemagtiging van vroue gevier het, het inwoners van Port Elizabeth, veral die breër Korsten- en Schauderville gemeenskap, oor Shernice (Fetu) Jonathan (26) se dood gerou. Die moord op haar het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur wat dit eens is dat hulle nie sal rus alvorens die moordenaars vasgetrek is nie.

Shernice (Fetu) Jonathan Foto: Facebook

Jonathan was die ma van ’n 19 maande oue baba. Sy is herhaaldelik met ’n mes gesteek voordat sy in ’n oop stuk veld vir dood agtergelaat is. Die moontlikheid dat sy die teiken van ’n haatmisdaad was, sowel as die bewering dat sy verkrag is, word deur die polisie ondersoek. ’n Nadoodse ondersoek word gedoen.

Jonathan se familie het aan die polisie gesê sy het die huis Donderdagaand om 19:30 verlaat om by ’n vriend in Schauderville te gaan kuier. Nadat sy weer by die vriend weg is, het sy nooit by die huis aangekom nie.

Die familie sê hulle sukkel nog om tot verhaal te kom oor die moord op haar en veral die manier waarop sy vermoor is.

Andrew Ruiter (67), wat Vrydagoggend om 07:45 in Thorntonweg geloop het, het op Jonathan se lyk afgekom. Hy beskryf die toneel as grusaam.

Jonathan se ma, Mercia, is deur familie, vriende, en die gemeenskap onderskraag. Foto: Facebook/Sherwin Nel

Sherwin Nel, wat die gebedsdiens vir Jonathan bygewoon het, betreur die feit dat die gemeenskap op Vrouedag moes rou oor ’n jong vrou se dood in plaas daarvan om vroue en hul rol in die gemeenskap te vier.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting kan ao. Neil Hendricks by 082 442 1816 of die Gelvandale-polisiekantoor by 041 402 2018 bel. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

’n Gemeenskapslid met ’n plakkaat oor die moord op Shernice (Fetu) Jonathan. Foto: Facebook/Sherwin Nel

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Moordsaak  |  Vrouedag  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.