Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
PE-taxibaas voor sy vrou buite seun se skool afgemaai

’n Taxibaas van Port Elizabeth is Dinsdagoggend in sy motor ten aanskoue van sy vrou voor die private skool Elliot Academy in Port Elizabeth doodgeskiet.

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die sluipmoord op Gcobani Toto (43).

Twee gewapende mans het hom kort voor 08:00 geskiet terwyl hy in Fairview agter die stuur van sy Audi Q7-sportnutsvoertuig gesit het. Hy is een keer deur die ruit aan die bestuurder se kant geskiet.

Die drie koeëlgate is duidelik sigbaar aan die bestuurskant van Gcobani Toto (43) se motor waarin hy Dinsdagoggend koelbloedig voor sy seun se skool in Port Elizabeth doodgeskiet is. Foto: Lulama Zenzile

Sy 35-jarige vrou, wat pas teruggeklim het in die voertuig nadat sy saam met hul negejarige seun die skool ingestap het, het uitgespring en op die grond langs die motor neergeval.

Terwyl sy langs die voertuig gelê het, het ’n tweede skieter die motor genader en nog twee skote op Toto afgevuur. Hy is in die kop, nek en skouer geskiet en het op die toneel gesterf.

Dit blyk dat drie verdagtes – die twee vermeende skieters en die bestuurder – Toto in ’n wit Polo voor die skool ingewag het.

’n Voormalige polisieman, wat anoniem wil bly, was in Mimosastraat op pad werk toe toe hy ’n skoot gehoor het. “Ek het oral mense gesien hardloop en wegkruip.”

Daarna het hy gesien hoe ’n persoon nog twee skote aan die bestuurder se kant van die motor afvuur.

Die twee vermeende skieters het daarna in die Polo gespring en wegjaag. Hy het hulle agternagesit.

“Ek het agter hulle aangejaag omdat ek die motor se registrasienommer wou kry, maar ek kon ongelukkig nie daarin slaag nie.

“Ek het hulle tot by Absa se hoofkantoor in William Moffett-rylaan gevolg en toe verloor.”

Volgens hom was hy versigtig omdat hulle gewapen was.

Hy het na die toneel teruggekeer om die polisie te help. Die man wil nie sy naam genoem hê nie omdat hy ’n ooggetuie is.

Toto se moord is die tweede op ’n taxibaas die afgelope week nadat Mlungiseleli Mlanjana verlede Donderdag in New Brighton afgemaai is. Hy is agter die stuurwiel van sy Mercedes-Benz doodgeskiet.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Polisie-Ondersoek  |  Sluipmoord  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.