Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pelonomi: Dokter fnuik ‘verkragter’ deur tong af te byt

’n Vroulike dokter het Dinsdagaand ’n man se tong afgebyt toe hy haar by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein probeer verkrag het.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het Woensdagoggend bevestig daar was omstreeks 23:50 ’n “ongewone en ongelukkige voorval” by die hospitaal.

Volgens Mvambi kon die aanvaller nie daarin slaag om die dokter te oorrompel nie en het sy ’n stuk van die man se tong in die onderonsie afgebyt.

Netwerk24 verneem die vrou is ’n intern.

Die aanvaller het daarna na die Nasionale Hospitaal gehardloop waar hy positief verbind is met die voorval by Pelonomi nadat inligting oor die voorval in gesondheidskringe versprei is.

Die polisie het hom by die Nasionale Hospitaal aangekeer terwyl hy vir behandeling gewag het.

“Die man is na Pelonomi teruggebring waar hy deur die dokter uitgeken is. Hy is daarna na die Universitas-hospitaal vervoer waar aan die oorblywende deel van die tong geopereer is,” sê Mvambi.

Die Pelonomi-hospitaal

Volgens hom word die verdagte by ’n onbekende plek aangehou en behandel en sal hy later aan die polisie oorhandig word.

Die verdagte is glo ’n pasiënt wat op Saterdae na die hospitaal gekom het vir hulp met maatskaplike probleme, sê Mvambi. Die verdagte, wat van Bronville in Welkom is, was nie gewapen ten tyde van die aanval nie.

Die dokter ontvang al die nodige ondersteuning, insluitende behandeling.

* Die voorval kom nege jaar nadat ’n 37-jarige vroulike dokter in Oktober 2010 by die Pelonomi-hospitaal deur ’n tienerseun verkrag is.

Die dokter, wat in pediatrie spesialiseer en wat baie gelief is onder die kinderpasiënte, was die oggend omstreeks 02:00 op pad na die neonatale eenheid op die grondvloer toe die seun haar op ’n donker trap oorval en met ’n baksteen in die gesig geslaan het.

Die 17-jarige seun is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Meer oor:  Pelonomi  |  Bloemfontein  |  Verkragting  |  Dokter  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.