Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Perlemoen ter waarde van R3 m. in Goodwood gevind

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat owerhede onwettige perlemoen ter waarde van R3 miljoen by ’n huis in Edgemead in Goodwood gevind het.

Kol. Philani Nkwalase van die Valke het gesê lede van die Valke se georganiseerde misdaadeenheid het saam met Misdaadintelligensie en lede van die departement van landbou, bosbou en visserye gewerk om die saak te ondersoek en die verdagtes vas te trap.

Die twee mans, onderskeidelik 38 en 49 jaar oud, word aangekla van die oortreding van die wet op Lewende Mariene Hulpbronne.

Nkwalase het gesê wetstoepassers het ’n klopjag by ’n perseel in Westhovenstraat in Edgemead, uitgevoer en ongeskulpte, halfgaar en gedroogde perlemoen gevind.

Die geprosesseerde perlemoen het ’n waarde van sowat R3 miljoen, het Nkwalase gesê.

Die beskuldigdes sal Donderdag in die landdroshof in Goodwood verskyn op aanklagte van die onwettige bestuur van ’n perlemoenfasiliteit en die besit van perlemoen.

Perlemoen ter waarde van R3 miljoen is by ’n perseel in Edgemead gevind. Foto: Valke
Die waaier is gebruik om die uitdroging van die ongeskulpte perlemoen te versnel. Foto: Valke
’n Skaal wat gebruik is op die perlemoen te weeg. Foto: Valke

Meer oor:  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.