Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Perlemoensaak: Sindikaatlid in Knysna vasgetrek

’n Lid van ’n perlemoensindikaat in Port Elizabeth wat vandeesweek versuim het om by die hof vir die voorvonnisverrigtinge op te daag is Woensdag in Knysna vasgetrek.

Jan Danie Prinsloo (31) is deel van die groep beskuldigdes wat saam met Morné Blignault (47), veroordeelde baasbrein van ’n perlemoensindikaat, vir die bedryf van ’n onwettige perlemoen-onderneming skuldig bevind is.

Van links sit Japie Naumann, Morné Steven Blignault, Jan Danie Prinsloo en Paul Bezuidenhout met ’n vroeër hofverskyning in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Saam met hulle is Morné Steven Blignault (27), Blignault se seun, asook Japie Naumann (35) en Paul Bezuidenhout (22) aan rampokkery en die oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne skuldig bevind.

Blignault dien tans ’n vonnis van 20 jaar uit wat hy in September in ’n soortgelyke saak opgelê is.

Buiten vir Prinsloo was die res van die groep beskuldigdes Maandag in die hooggeregshof in die stad toe die voorvonnisverrigtinge begin het.

’n Lasbrief vir Prinsloo se inhegtenisneming is uitreik. ’n Die hof het die aansoek aanvaar van adv. Martin le Roux, staatsaanklaer, om met die saak teen die res van die beskuldigdes voort te gaan.

Prinsloo se foto is intussen landwyd aan verskeie polisiekantore gestuur, waarna ’n oplettende polisiebeampte hom Woensdag voor ’n klerewinkel in Knysna herken het.

Die polisiebeampte is na die klerewinkel ontbied nadat iemand glo klere gesteel het.

Na bewering het Prinsloo glo vir dié persoon buite die klerewinkel gewag toe die polisiebeampte hom herken en in hegtenis geneem het.

Morné Blignault, praat met sy vrou, Lachelle, toe hy vroeër in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn het. Foto: Lulama Zenzile

Lede van die Valke het Prinsloo Woensdagaand gaan haal en hy het Donderdag voor regter Glen Goosen in die hooggeregshof in Port Elizabeth vir die verbreking van sy borgtogvoorwaardes verskyn. Prinsloo bly in aanhouding.

Jan Danie Prinsloo. Foto: Facebook

Uitspraak in dié saak sal op 2 Mei gelewer word.

Blignault, Blignault jr., Naumann en Bezuidenhout sal op 2 Mei gevonnis word.

Die saak teen die groep beskuldigdes spruit uit ’n onwettige perlemoenonderneming waarmee Blignault en Naumann saamgespan het om gesmokkelde perlemoen te koop en verkoop.

Luidens die klagstaat het hulle die onderneming op die perseel van ’n paneelklopperonderneming in Port Elizabeth bedryf.

Blignaut jr., Prinsloo en Bezuidenhout was vir die vervoer van die perlemoen verantwoordelik.

Die onderneming se aktiwiteite is blootgelê nadat Prinsloo in Februarie 2017 op die N2 naby Paterson in hegtenis geneem is nadat hy met meer as 6 000 perlemoene van die sindikaat in sy besit betrap is.

Meer oor:  Knysna  |  Perlemoensindikaat  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.