Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Petrolbomme op N2 by Plet gegooi

Petrolbomme is Donderdagoggend vroeg na die polisie se pantservoertuie geslinger in openbare geweldpleging wat voortduur op die N2 buite Plettenbergbaai in die rigting van Knysna.

Die N2 buite dié kusdorp is Donderdagoggend weens ’n klipgooiery gesluit.

Verkeer word Donderdag op die N2 by Plettenbergbaai herlei nadat die pad weens betogings gesluit is.Foto: Verskaf

Inwoners van die woonbuurt New Horizons kon nie werk toe gaan nie en volgens ’n klankgreep wat op WhatsApp versprei is, is petrolbomme onder meer na pantservoertuie van die polisie se eenheid vir openbare orde geslinger.

Na verneem word, is motorbande ook glo aangery om aan die brand gesteek te word. Volgens ooggetuies is bome by die indraai na Castleton aan die brand gesteek terwyl die wind sterk gewaai het.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie is sedert Woensdagaand by die N2 ontplooi. “Hulle monitor die situasie.”

Die protesoptrede hou blykbaar verband met dienslewering en behuising.

Die Plettenberg Bay Crime Prevention Associationhet vroeër gesê die verkeer word via die lughawepad na Knysna herlei. Die verkeersirkel by die Shell-vulstasie is steeds oop vir motoriste wat onderweg is in die rigting van die Keurbooms-gebied en Port Elizabeth.

Maandagaand is 12 mense in die gebied in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer openbare geweld, diefstal en huisbraak. Dit kom ná die plundering van en inbrake by ’n drankwinkel en ’n meubelwinkel. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  N2  |  Knysna  |  Plettenbergbaai  |  Protesoptogte  |  Pantservoertuie  |  Petrolbomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.