Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Phahlane kry trekpas by polisie . . . of dalk nie?

Die geskorste polisiebaas lt.genl. Khomotso Phahlane hou vol hy is nog in diens van die Suid-Afrikaanse polisie hangende ’n saak wat sy afdanking uitdaag.

Dit volg nadat Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, Vrydagoggend op ’n konferensie oor die nasionale misdaadstatistieke gesê het Phahlane is wel afgedank, berig Llewellyn Prince.

“Phahlane is onderwerp aan ’n reeks interne ondersoeke. Ook die strafregtelike ondersoek wat deur Opod gedryf is. Die ondersoeke is Donderdag afgehandel en dit is waarom hy afgedank is,” sê Sitole.

Phahlane het Vrydagmiddag teruggekap en in ’n verklaring gesê die dissiplinêre prosesse teen hom was “net ’n rookskerm om ander hooggeplaastes te beskerm”.

Khomotso Phahlane, voormalige nasionale polisiekommissaris. Foto: Misheck Makora

Pieter du Plessis, Phahlane se regsverteenwoordiger, sê Phahlane het Vrydag in die arbeidshof in Johannesburg verskyn om die besluit oor sy afdanking tersyde te stel.

“Phahlane se ontslagbevel is deur genl. (Johannes) Riet gedoen en nog nie deur die kommissaris van krag gemaak nie,” verduidelik du Plessis.

Die dokument van die arbeidshof wys dat die saak tot 6 Augustus uitgestel is.

Brig. Vish Naidoo, die nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydagaand ná Phahlane se verklaring gesê Sitole is “bewus van die hofsaak en wag op terugvoering van ons regsverteenwoordigers oor wat die volgende stappe is. Dit bly ’n interne proses en ons sal nie uitlatings daaroor maak in die publiek nie.”

Bheki Cele, minister van polisie, het Vrydag op dieselfde konferensie gesê Phahlane se saak word tans deur die howe hanteer.

Popcru, die polisievakbond, het kort ná Sitole se aankondiging Phahlane se afdanking verwelkom.

“Dit dui op vordering met die uitroei van korrupsie op selfs die hoogste vlakke,” het die vakbond in ’n verklaring geskryf, maar bygevoeg hy is bekommerd dat die ondersoek so lank geduur het.

Phahlane is in Junie 2017 geskors toe hy as nasionale polisiekommissaris waargeneem het, ná bewerings deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aan die parlement dat hy by die direktoraat se ondersoek ingemeng het.

Phahlane het glo tenderbedrog gepleeg en in ruil daarvoor motors as beloning gekry.

Phahlane word tans saam met vyf ander hooggeplaastes in die polisie in die handelshof in Johannesburg van bedrog en korrupsie aangekla in verband met ’n kontrak ter waarde van R84 miljoen waarin Gautengse polisievoertuie met blou ligte en ander toerusting toegerus is.

Die kontrak is in 2016 gesluit.

Meer oor:  Khehla Sitole  |  Khomotso Phahlane  |  Polisie  |  Trekpas  |  Diens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.