Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Piet Retief-voorval: Politici ‘moenie aanhits’

Baie vrae hang oor die gebeure Vrydag op ’n plaas buite Piet Retief waar twee mense doodgeskiet is en vier boere van moord aangekla word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Die VF Plus, Agri Mpumalanga en AfriForum het Dinsdag gereageer op mediaberigte dat boere twee werksoekers doodgeskiet het.

Die gemeenskap is tot kalmte gemaan, veral omdat daar uiteenlopende weergawes van die gebeure is.

Groenewald sê politieke uitsprake kan moontlik tot voorvalle soos hierdie aanleiding gee. Dit is ook jammer dat politici so ’n voorval misbruik om die gemoedere op te jaag.

Hy sê die polisie moet in die belang van geregtigheid duidelikheid gee oor die gebeure en wat daartoe aanleiding gegee het en nie die sub judice-reël gebruik om te swyg nie.

Lees ook: Piet Retief: Woede oor ‘polisie se leuens’

AfriForum het mense Dinsdag gevra om kalm te bly en nie afleidings oor die moordverdagtes as die waarheid te versprei nie.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie van die organisasie, het na die uiteenlopende weergawes van die gebeure verwys.

“Emosies word nou opgestook sonder dat die feite bevestig is. Die feit dat twee mense dood en een in die hospitaal is, moet betreur word, ongeag wat gebeur het.”

Hy sê die verskillende weergawes is so uiteenlopend dat dit onverantwoordelik sal wees om summier gevolgtrekkings te maak.

AfriForum vra dat ’n deeglike ondersoek gedoen word.

piet retief, 2 doodgeskiet
Die toneel waar die broers Amos en Zenzele Coka op ’n plaas in die Piet Retief-omgewing doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Die landbou-organisasie Mpumalanga Landbou (ML) sê in ’n verklaring lede van die gemeenskap het ’n onwettige betoging na die plaas gehou.

Een van die boere het selfs ’n oproep om hulp na medeboere gestuur omdat hy gemeen het dat die lewe van die mense op die plaas bedreig word.

Groenewald sê die burgemeester van die plaaslike Mkhondo-munisipaliteit het boere in die algemeen in ’n verklaring veroordeel en gesê die “moorde deur boere op plaaswerkers” moet veroordeel word.

Refilwe Mtsweni-Tsipane, premier van Mpumalanga, het verder gegaan en dit beskryf as ’n “rassistiese voorval wat uitgeroei moet word” en dat “boere nie so vinnig moet mobiliseer om mense se lewe te neem nie”.

“Dit is jammer dat Suid-Afrika se totale landbougemeenskap nou ná een voorval, waaroor daar steeds groot onsekerheid is, gedemoniseer word,” sê Groenewald.

“Dit is onaanvaarbaar aangesien dieselfde veralgemening ook kan plaasvind ná elke wit boer wat vermoor word, en dit sou ’n onnodige resep vir konflik wees.”

Hy sê ook dat gevaarlike en vals beloftes gemaak word oor onteiening sonder vergoeding wat verwagtinge kan skep by mense en tot konflik kan aanleiding gee. Sulke uitsprake is onverantwoordelik en kan lei tot voorvalle soos wat nou in Piet Retief gebeur het.

Meer oor:  Mpumalanga Landbou  |  Afriforum  |  Vf Plus  |  Hof  |  Werkers  |  Piet Retief-Herrie  |  Misdaad  |  Piet Retief-Voorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.