Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasaanval: Man geskiet, vrou glo met kookwater gegooi

’n Man is Dinsdagaand in ’n plaasaanval in die Boschkop-gebied buite Pretoria doodgeskiet.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê ’n vrou is glo ook in die aanval met ’n mes gesteek.

“Die aanvallers het glo ook kookwater oor haar gegooi,” sê Cameron.

Die man is in die bors geskiet en vasgebind waarna hy hom vermoedelik doodgebloei het.

Lede van AfriForum se buurtwag in Boschkop was Woensdagoggend op die plaas om saam met die polisie na minstens vier gewapende mans te soek.

Die slagoffers se name mag nog nie bekend gemaak word nie omdat van hul familielede nog nie van die voorval in kennis gestel is nie.

12:15

Die polisie het bevestig 'n 68-jarige boer is deur vier gewapende mans buite Boschkop doodgeskiet.

Konst. Yeroboam Mbatsane, polisiewoordvoerder, sê die gewapende mans het klapmusse gedra toe hulle by die plaashuis ingebreek het.

Hy sê kookwater is op vrou se bene gegooi. Sy is in die hospitaal opgeneem.

'n Televisiestel, twee iPhones en nog elektroniese toerusting is gebuit.

Klagtes van moord en huisbraak word ondersoek.

Daar is met 'n reusesoektog begin en AfriForum se buurtwaglede help ook na die verdagtes soek.

Meer oor:  Plaasmoord  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.