Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasaanval: Verdagtes wou glo voëls koop

’n Boer is op haar plaas in Taaibospan deur vier mans oorval wat gemaak het asof hulle voëls by haar wil koop.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die polisie in Sannieshof ondersoek ’n saak van huisroof nadat Marina Otto (53) en haar twee kinders, wie se ouderdomme nie bekend gemaak is nie, Woensdag omstreeks 18:00 oorval is.

“Hulle was by die huis toe sy ’n beweging buite gewaar. Sy het aanvanklik gedink dis een van haar werkers en het deur die kombuisvenster gevra of die werker iets nodig het.”

Die vrou het ’n wit voertuig buite die huis gesien en mans wat langs die voertuig staan, waarna sy die deur oopgemaak het om te hoor wat hulle wil hê.

“Die verdagtes het gesê hulle wil na die voëls kyk waarmee sy boer, waarna sy drie van die mans na die hokke geneem het, terwyl een by die motor gewag het.”

Toe hulle weer by die motor kom, het die verdagtes vuurwapens uitgehaal en dit op haar gerig.

Hulle het aangedring dat sy in die huis ingaan en vir hulle die kluissleutels gee, waarna hulle haar en die kinders beveel het om na die hoofslaapkamer te gaan.

Daar is hulle vasgebind en beveel om plat te lê, terwyl die verdagtes die huis deurgesoek en items gebuit het.

Die mans het selfone, ’n skootrekenaar, brandalarm en die sleutels van drie voertuie gevat voordat hulle die vrou na ’n ander vertrek geneem en haar daar gelos het.

Hulle het in hul eie motor gevlug.

Die slagoffers kon hulself loskry, waarna Otto se seun na die plaaswerkers gehardloop en hulp ontbied het.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Meer oor:  Marina Otto  |  Voëls  |  Plaasaanval  |  Taaibospan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.