Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasaanvalle daal ‘want boere is meer paraat’

TLU SA en AfriForum verwelkom dit dat minder plaasmoorde in die boekjaar tot einde Maart gepleeg is, maar wys daarop dat die groot aantal aanvalle op plase steeds ’n bron van kommer is.

Bheki Cele, minister van polisie, het bekend gemaak dat 47 plaasmoorde in 41 voorvalle in die afgelope boekjaar aangemeld is.

Die TLU SA sê volgens die voorvalle-register wat hy sedert 1990 byhou, het daar in die ooreenstemmende tydperk 48 moorde en 357 aanvalle voorgekom.

“Die moordsyfer stem min of meer ooreen met die polisie se statistieke, maar ons aanvalsyfers verskil heelwat,” sê Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die organisasie se veiligheidskomitee.

“Dit is egter vir ons ook kommerwekkend dat die plaasmoordsyfer vir vanjaar teen einde Augustus reeds op 40 gestaan het,” sê hy.

AfriForum en die TLU SA sê hulle meen dat die dalende moordsyfer aan landelike gemeenskappe se verbeterde veiligheidstrukture te danke is.

Hierdie strukture help dat meer plaasaanvalle gefnuik word omdat die netwerk so paraat is en vinnig optree, sê Geldenhuys.

“Ons glo dat baie boere en plattelandse gemeenskappe nou ’n vlak van paraatheid en organisasievermoë bereik het wat hulle in staat stel om aanvallers doeltreffend af te weer of moontlike aanvallers af te skrik,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder van AfriForum.

“Hoewel misdade op plase afneem, is ons baie bekommerd oor die toename van veral ernstige en geweldsmisdade in die land in die algemeen,” sê Geldenhuys.

“Dit is die regering se grondwetlike verantwoordelikheid om na die veiligheid van die landsburgers om te sien, maar as gevolg van swak regeringsbeleide en ’n blote versuim om hierdie plig na te kom, brand Suid-Afrika nou.

“Dit is dalk nou tyd dat die res van die land ook self planne begin maak om – soos wat die landbougemeenskap gemaak het – misdaad te bekamp.”

Meer oor:  Afriforum  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.