Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dís hoe plaasaanvalle in 2017 toeneem

Oktobermaand is nog nie eens verby nie, maar die plaasaanvalle en -moorde het reeds dié van verlede jaar verbygesteek.

Luidens die landbou-organisasie TLU SA se amptelike statistiek het die plaasaanvalle in Oktober verlede jaar by 307 getrek en is 55 mense tydens dié aanvalle dood.

Volgens Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, is 340 plaasaanvalle en 64 plaasmoorde teen Sondagmiddag aangemeld.

Marius Müller, AfriForum se veiligheidskoördineerder, verskil egter en sê plaasaanvalle trek volgens hom vir dieselfde tydperk op 331 en 66 mense is tot dusver op plase vermoor.

Geldenhuys was Sondagmiddag bewus van nóg drie plaasaanvalle wat deur die loop van die dag plaasgevind het.

Dit sluit in aanvalle naby Jagersfontein in die Vrystaat, ’n aanval in Port Elizabeth in die Oos-Kaap en ’n plaasaanval tussen Steelpoort en Burgersdorp in Limpopo.

Volgens dié plan kan dit as ’n plaasaanval geklassifiseer word as die diewe fisies kontak maak met die slagoffers, anders is dit slegs diefstal of huisbraak.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe het bevestig dat gewapende rowers op Johan Coetzee se huis naby Steelpoort toegeslaan het, die gesin se besittings gesteel het en in die Coetzees se wit Land Cruiser gevlug het.

“Die twee verdagtes is vasgekeer voor hulle ver kon ry, toe los hulle die motor met die besittings binne-in net daar en vlug te voet,” sê Ngoepe.

Hy sê hoewel die aanvallers glo tydens die rooftog ’n kluis gesteel het en ’n minderjarige seun uit die motor geruk het voor hulle gevlug het, is niemand beseer nie.

“Die polisie is steeds besig op die misdaadtoneel,” sê Ngoepe.

Niemand is al in verband met dié aanval in hegtenis geneem nie.

Hoewel ’n totaal van 369 plaasaanvalle en 71 -moorde in 2016 gemeld is, meen kenners die kans is goed dat die syfers einde vanjaar dié van verlede jaar verbysteek.

Dr. Johan Burger, ’n onafhanklike konsultant by die Instituut vir Sekerheidstudies, sê: “Ons het nog drie maande van 2017 oor. Die statistiek kan aansienlik anders aan die einde van die jaar lyk.”

Volgens Burger het die aanvalle tussen 2012 en 2016 met 112% gestyg en die plaasmoorde met 34%.

Geldenhuys sê boonop is die tendens dat die syfers jaarliks dramaties styg in November en Desember.

Dié statistiek word streng volgens die kriteria van landelike veiligheidstrategie van 2011 bepaal.

“Volgens dié plan kan dit as ’n plaasaanval geklassifiseer word as die diewe fisies kontak maak met die slagoffers, anders is dit slegs diefstal of huisbraak,” sê Müller.

Indien die rowers kontak maak met enigiemand by die huis – hetsy die familie, plaaswerkers of kuiergaste – word die oortreding as ’n plaasaanval geklassifiseer.

Geldenhuys sê elke voorval het ’n saaknommer.

“As enige inligting twyfelagtig is, word dit nie bygevoeg tot die statistiek nie.”

Hy moedig plaasbewoners aan om by die veiligheidstrukture aan te sluit en vra vir sigbare polisiëring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.