Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasaanvalle neem vanjaar al met 34% toe – AfriForum

Plaasaanvalle in Suid-Afrika het sedert Januarie vanjaar met 34% toegeneem vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, maar minder plaasmoorde is gepleeg, sê AfriForum.

Ons geverifieerde data dui daarop dat plaasmoorde sedert 2011 toeneem. Hoewel daar in die eerste ses maande van 2018 minder plaasmoorde as in die eerste ses maande van 2017 gepleeg is, is ons erg bekommerd oor die skerp toename in plaasaanvalle.

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van dié burgerregteorganisasie, sê volgens hul statistieke was daar in die eerste ses maande verlede jaar 157 plaasaanvalle, teenoor 210 in die ooreenstemmende tydperk vanjaar.

In dié tydperk in 2017 is 40 plaasmoorde egter gepleeg, teenoor vanjaar se 33.

Minstens vier plaasmoorde is sedert die naweek gepleeg. In die jongste voorval is Gabriel (78) en Marian Bruwer (67) Maandagnag op hul plaas by Vanstadensrus in die Vrystaat vermoor. Albei is in die kop geskiet.

Saterdag is die aarbeiboer Jeffrey Zetler (62) op sy plaas naby Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor, terwyl Kallie Schoonraad (47) op sy plaas naby Rustenburg in Noordwes doodgeskiet is. Peter Dawson (64) is Sondagoggend vroeg in ’n rooftog op sy hoewe naby Hartbeespoort in Noordwes doodgeskiet. AfriForum beskou aanvalle op hoewes ook as plaasaanvalle.

Roets, wat ook die skrywer van die boek Kill the Boer is, sê plaasmoorde vind “teen ’n buitengewone tempo plaas en is buitengewoon wreed”.

Hy sê die bewering “wat wyd versprei word dat die voorkoms van plaasmoorde op sy laagste ooit is, is vals”.

“Ons geverifieerde data dui daarop dat plaasmoorde sedert 2011 toeneem. Hoewel daar in die eerste ses maande van 2018 minder plaasmoorde as in die eerste ses maande van 2017 gepleeg is, is ons erg bekommerd oor die skerp toename in plaasaanvalle.”

Volgens Roets sal AfriForum sy veldtog teen plaasmoorde in die komende maande verskerp. “Intussen doen ons ’n beroep op die boeregemeenskap om meer paraat te wees en om hulle by gemeenskapsveiligheidsnetwerke aan te sluit.”

Meer oor:  Afriforum  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.