Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasaanvallers gee voor hulle is polisie wat dagga soek

Vier mans wat hulle as polisielede voorgedoen en vals polisie-identifikasiekaarte by hulle gehad het, het drie plaaswerkers op die plaas Koffiefontein naby Rosendal in die Vrystaat aangeval.

Die vier gewapende mans het volgens brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, Maandag omstreeks 22:00 op die plaas opgedaag.

Hulle het aan die drie plaaswerkers gesê hulle is van die polisie en het verneem daar is dagga in ’n stoorkamer op die plaas.

Hulle het polisie-identifikasiekaarte, wat blykbaar vervals is, aan die werkers gewys.

Die mans het ’n vrouewerker aangesê om by die kinders in die huis te bly.

Makhele sê die aanvallers het ’n vuurwapen op die mans gerig en die werkers se selfone by hulle afgeneem.

Die mans is met ’n lyfband, skoenveters en ’n T-hemp vasgebind.

Die rowers het die plaasopstal se sleutels by die plaaswerkers gevat en die stoorkamer op die plaaswerf oopgesluit.

Hulle het polisie-identifikasiekaarte, wat blykbaar vervals is, aan die werkers gewys.

Hulle het ’n sweismasjien, elektriese boor, elektriese verlengkoorde, ’n tweerigtingradio, beesvoer en sleutels met ’n afstandbeheertoestel gebuit.

Die rowers het per voertuig van die toneel gevlug.

Volgens inligting op ’n veiligheidsgroep is twee rooi voertuie in die omgewing gesien.

Die slagoffers se werkgewer was nie tydens die voorval op die plaas nie.

Die werkers het eers Dinsdagoggend hulp ontbied.

Die polisie versoek dat enigiemand wat met die ondersoek kan help, vir sers. Neo Dlamini by 064 156 8006 bel.

Dr. Jane Buys, veiligheids-en-risiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), sê vergeleke met 2018 was daar in November en Desember beslis ’n toename in plaasaanvalle in die Vrystaat.

Sy sê in meer as die helfte van die gevalle is plaaswerkers die teiken.

VL sal binnekort geverifieerde syfers uitreik.

Meer oor:  Rosendal  |  Koffiefontein  |  Polisie  |  Plaasaanvallers  |  Plaasaanval  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.