Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasaanvallers vlug toe makker in been gesteek word

’n Plaaswerker-paartjie van Kuruman is Woensdag in die vroeë oggendure deur vier mans in hul huis op die plaas Beginsel aangeval.

Ao. Peter Letsapa, polisiewoordvoerder, sê die paartjie het geslaap toe hulle van ’n geraas wakker geword het.

Hulle het gehoor hoe die verdagtes by die deur probeer inkom en dit toe oopgedwing het.

Die paartjie het hulle teëgesit en met die aanvallers gestoei. Een van die verdagtes is in die been gesteek.

“Dit het veroorsaak dat die aanvallers gevlug het,” sê Letsapa.

Hy sê die polisie het ’n soektog na die aanvallers begin en Woensdag omstreeks 08:00 ’n beseerde 21-jarige man van Kuruman weens poging tot inbraak in hegtenis geneem.

Die verdagte is na ’n hospitaal in Kuruman geneem om vir sy beserings behandel te word.

Daar word steeds na die ander drie verdagtes gesoek.

Paul Marais van die Kuruman-buurtwag het die voorval bevestig en gesê dit gaan onder die omstandighede goed met die paartjie.

Hy wou nie dadelik die besonderhede van die plaaseienaar of die paartjie bekendmaak nie, en sê dat die man en vrou vir waarneming na ’n hospitaal geneem is.

Letsapa sê die 21-jarige verdagte sal binnekort in die landdroshof in Kuruman verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.