Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte weer vas in Lesotho ná plaasaanval
Daleen van der Hoven (80), voor in die middel, sterk by haar dogter Lize du Plessis in Bloemfontein aan nadat sy ’n breinoperasie moes ondergaan. Kloksgewys om haar is Du Plessis, Yolanda Kock (een van drielingdogters), Jandré du Plessis (kleinseun), Mirinda van der Hoven en Zelda van der Merwe, die ander twee van die drieling. Foto: Verskaf

Een van die vier vermeende aanvallers van Daleen van der Hoven (80) is weer in Lesotho in hegtenis geneem nadat hy vroeër deur die polisie in Lesotho vrygelaat moes word omdat pogings tot uitlewering aan Suid-Afrika misluk het.

Dit was glo oor swak samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens, sy eweknie in Lesotho en Interpol, maar daardie man is nou weer in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, sê die man is in hegtenis geneem. Daar is nou onderhandelinge met Interpol om hom aan Suid-Afrika uit te lewer.

Die polisie in Suid-Afrika sal die dokumente verskaf dat hy vir misdaad in Suid-Afrika gesoek word.

Daleen van der Hoven se weldoeners in Lesotho het vleis en groente van haar gekry. By hulle staan haar skoondogter, Anza van der Hoven (heel agter). Heel regs is Mampe Khuto, die huiswerker wie se ma Van der Hoven bygestaan het. Foto: Verskaf

Intussen sterk Van der Hoven by haar dogter Lize du Plessis in Bloemfontein aan, nadat sy onlangs vir ’n tweede keer uit die waakeenheid van die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein ontslaan is. Dit was nadat twee gaatjies aan weerskante van haar kop geboor moes word om bloed en vog van haar brein te dreineer.

Van der Hoven se vier plaasaanvallers het haar die nag van 3 Julie meer as een keer met ’n yster oor die kop geslaan op haar plaas, Wanatha in die Zastron-distrik.

Sy is beroof van kontant, wapens van haar oorlede man, Naas, hardloopskoene, ’n beursie van volstruisleer wat sy vir haar 80ste verjaardag gekry het, en juweliersware wat familie-erfstukke was.

Die vier rowers het haar daarna in haar eie Audi oor die grens na Lesotho ontvoer, waar hulle haar in die bitterkoue nag in -5 °C in slaapklere, sonder skoene en ’n bril, afgelaai het.

Sy het mense in ’n hut wakker geklop. Daar is sy in warm komberse toegevou en hulle het die bure gebel wat haar daar gaan haal het.

Haar motor is sowat 2,5 km van waar hulle haar gelos het, uitgebrand gevind.

Lize sê haar ma sterk goed aan en word tuis verpleeg deur een van haar susters, Yolanda Kock van Upington, wat ’n teatersuster is.

Sy het ook onlangs groente laat aflewer by haar weldoeners in Lesotho wat haar die aand van haar nagmerrie-ondervinding bygestaan het.

Die ander drie verdagtes is nog op vrye voet.

Meer oor:  Lesotho  |  Inhegtenisneming  |  Aanvallers  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.