Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasgesin in Noordwes aangeval

’n Vrou van Derby in die Noordwes is byna deur drie plaasaanvallers verkrag nadat hulle agtergekom het sy het ’n boodskap om hulp uitgestuur.

Volgens een van die slagoffers, wie se naam weerhou word, is vier gesinslede Donderdagnag in die plaashuis aangeval nadat aanvallers by die huis ingebreek het. Die rowers het die slagoffers met ’n ysterpyp aangerand en van hulle se selfoon afgeneem. Hulle het geld en vuurwapens geëis.

Een van die vroue wat op die grondverdieping geslaap het, het ’n selfoonboodskap gestuur na ’n familielid wat op die boonste verdieping geslaap het. Die rowers het dit gesien en gedreig om die vrou te verkrag en dood te skiet.

Hulle het egter nie geweet die boodskap is gestuur na iemand wat op die boonste verdieping van dieselfde huis slaap nie. Dié vrou kon hulp ontbied.

Volgens een van die slagoffers was die mans op die punt om die vrou wat die boodskap gestuur het te skiet en te verkrag toe van die eerste boere by die plaas aangehaas gekom het.

Die aanvallers het ’n vuurwapen en drie selfone gesteel, maar een van die selfone is buite die huis opgetel waar hulle dit weggegooi het.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Meer oor:  Noordwes  |  Plaas  |  Gesin  |  Aangeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.