Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasmoord, 2 aanvalle dae nadat skoksyfers gegee is

Kort nadat skokkende misdaadstatistieke oor plaasmoorde, -aanvalle en ander geweldsmisdaad bekend gemaak is, is nog ’n plaasmoord die naweek gepleeg en twee boere Maandag aangeval.

Plaasmoorde en -aanvalle het in die laaste kwartaal van die afgelope boekjaar skerp toegeneem vergeleke met die vorige twee jaar.

Die getal moorde het van ses tot 11 gestyg, terwyl die getal aanvalle verdubbel het van 64 tot 130.

Hennie Moldenhauer
Hennie Moldenhauer (58) is op sy plaas buite Amersfoort in Mpumalanga vermoor. Foto: Verskaf
Hennie Moldenhauer
Die Toyota Land Cruiser-bakkie van Hennie Moldenhauer (58) van Amersfoort waar dit Sondagoggend gekry is nadat hy koelbloedig doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Marietie Louw-Carstens  berig Hennie Moldenhauer (58) van die plaas Weiland naby Amersfoort in Mpumalanga is Sondagoggend doodgeskiet toe hy op ’n bende onwettige jagters en hul honde op sy plaas afgekom het. Hy is naby sy linkeroor in die kop geskiet.

Sy vrou, Mokkie, het bekommerd geraak toe sy hom nie op sy selfoon in die hande kon kry nie. Sy het in haar bakkie gery na ’n gestroopte sojaboonland op die plaas, waar sy afgekom het op haar man se Toyota Land Cruiser, wat steeds geluier het.

Moldenhauer se lyk is sowat tien meter van die bakkie af gekry. Mpumalanga Landbou het ’n beroep op die polisie gedoen om daadwerklik op te tree teen die probleem van onwettige jagters met honde wat boere in die provinsie teister.

LEES OOK:

Nóg twee aanvalle is Maandag aangemeld.

By Harrismith is Janse van Rooyen (70) in sy skuur ingewag nadat hy sy werkers Maandagmiddag huis toe geneem het.

Hy is met ’n windpomppyp en ander stukke yster aangerand.

Sy vrou, Annetjie, het die lawaai in die huis gehoor en twee spreiligte buite aangeskakel.

Die aanvallers het te voet gevlug sonder dat hulle iets kon roof.

Buite Fochville in Gauteng is ’n gesin aangeval kort nadat hulle van die dorp af op die plaas aangekom het. Gerrie en Susan Brits, asook ’n kind is by hul huis deur drie mans ingewag.

Gerrie is oor sy kop geslaan en die mans het gewere, ’n skootrekenaar, selfone en kontant gebuit.

Die aanvallers het met die Brits-gesin se dubbelkajuit-Ford Ranger weggery. Dit is ’n uur later naby die Kokosi-woonbuurt by Fochville gevind.

Meer oor:  Plaasmoord  |  Misdaad  |  Aanvalle  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.