Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasmoord: Alles het vir vrou, seuntjie (4) verander

’n Vierjarige Vrystaatse seuntjie kry swaar sedert sy pa vyf maande gelede deur plaasaanvallers vermoor is.

“Klein JJ mis steeds sy pa. Met alles wat hy doen, vra hy of sy pa dit kan sien . . . of dat sy pa kan hoor dat hy nou kan fluit,” sê Anemi Powell (32), JJ se ma en die weduwee van Boeta Powell (37).

Hy vra ook elke dag hoekom sy pappa nie terugkom nie, sê Powell.

Boeta Powell en sy seuntjie, JJ (4). Foto: Facebook

“Alles het verander. My seuntjie sal nie meer op ’n plaas kan grootword nie, sy pa sal nie by sy eerste rugbywedstryd wees, of sy eerste skooldag beleef of by wees as hy die eerste keer gaan jag nie,” sê sy.

Boeta is in April vanjaar op ’n plaas buite Hoopstad doodgeskiet. Die egpaar was agt jaar getroud.

“My man se drome het ook myne geword. Daar is nou niemand om dinge mee te bespreek nie, dis net leeg,” sê sy.

Powell sê Boeta se groot ideaal was om vir hulle as gesin te kon sorg. By sy nuwe werkgewer was hy in die posisie om dit te kon doen.

“Sy droom was altyd om ’n vrou en ’n kind te hê. Hy was ’n gesinsman en ’n betrokke pa. Ek kon my soms verstom aan waar hy die tyd gekry het om soveel aandag aan JJ te gee. Ons was die belangrikste in sy lewe.”

Powell wou vir homself ’n beeskudde opbou.

“Hy was so bly toe dit (danksy ’n nuwe werk) nie meer nodig was dat ek ook moes werk nie,” sê sy.

Anemi en Boeta Powell. Foto: Facebook

JJ het soggens ’n kleuterskool in Hoopstad bygewoon en dan die hele middag saam met Boeta op die plaas deurgebring.

“Ons het ’n maand voor sy dood daaroor gesels om nog ’n kind te kry; ons was geldelik in die posisie daarvoor,” sê sy.

“Nou moet ek in die oggend om 06:30 werk toe ry en dan is ek eers om 17:00 tuis.”

Powell-hulle bly by haar ouers in Noordwes.

“Ek kry baie ondersteuning van my ouers en skoonouers. My pa doen baie moeite met JJ,” sê sy.

Boeta Powell (37) is in ’n plaasaanval buite Hoopstad doodgeskiet.Foto: Facebook

“Ek gaan nog terug Hoopstad toe omdat daar nog iets van hom is. Hy was lief vir die plaas. Ek het ook lief geword vir die Vrystaatse platteland.”

Powell is op 20 April doodgeskiet toe ’n groep mans wat hulle as polisielede voorgedoen het, by sy werkgewer se huis opgedaag en gesê het hulle soek na ’n verdagte.

Powell, ’n opgeleide lyfwag en bedrewe skut, het die mans na die plaashek vergesel waar hy en een van die vermeende aanvallers in ’n oor-en-weer-skietery doodgeskiet is.

Die ondersoekbeampte in die saak, Benjamin Marumo (53), het volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, goeie vordering in die ondersoek gemaak.

Marumo is egter in Augustus skuldig bevind aan regsverydeling in ’n ander saak en tot drie jaar tronkstraf gevonnis.


Meer oor:  Hoopstad  |  Plaasmoord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.