Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Plaasmoord: Ek weet nie waar ek nog trane kry, sê ma

“Ek weet nie waar ek nog trane kry nie,” sê die vermoorde Luan Preston (31) se ma, Elsabé.

Preston, wat op ’n plaas buite in KwaZulu-Natal gewerk het, is die afgelope naweek vermoedelik met ’n kapmes aangeval en verwurg.

Luan Preston (31) is op ’n plaas buite Port Shepstone vermoor.Foto: Facebook

Iemand het Sondagoggend op sy lyk in sy blyplek afgekom waaruit heelwat waardevolle items vermis word.

Elsabé sê Preston was ’n natuurkind en baie lief daarvoor om met sy hande te werk en goed reg te maak.

“Ons het Luan altyd Piet Fieks genoem omdat hy enige ding kon regmaak,” sê sy.

“Woensdag was ’n moeilike dag vir ons. Ons moes sy lyk gaan uitken en begrafnisreëlings tref.”

Preston is Elsabé en Roland se middelkind. Hy het ook ’n ouer broer, Ivan, en ’n jonger broer, Shaun.

Ivan en Shaun het hul ouers Woensdag in Port Shepstone bygestaan.

Elsabé sê Preston het maar drie maande op die plaas, David’s Farm, gewerk en was baie gelukkig daar. Hy was veiligheidsbewus en het aan ons gesê die plaas het baie veiligheidsmaatreëls, ons moenie bekommerd wees nie.

“Hy was vreeslik lief vir diere en het al die hanslammers op die plaas versorg.”

Ons het altyd met hom geraas omdat hy ander voor homself sou stel, hy was baie saggeaard, sê sy.

“Hy het op ’n druppel soos sy pa gelyk,” sê Elsabé.

Sy sê die ondersteuning wat die gesin van die gemeenskap kry, is ongelooflik.

“Mense van oor die wêreld heen bel my en selfs op Facebook ondersteun mense ons wat ons nie eens ken nie.”

Mense van oor die wêreld heen bel my en selfs op Facebook ondersteun mense ons wat ons nie eens ken nie.
Elsabé Preston

Mense moet weet wat in die land aan die gang is, sê sy.

Die Preston-egpaar het jare lank op Memel in die Vrystaat gewoon voordat hulle na Richardsbaai verhuis het.

Preston word veras en ’n roudiens sal Saterdag om 12:00 in die Hervormde kerk in Port Shepstone gehou word.

Nog niemand is in verband met die moord aangekeer nie.

Meer oor:  Luan Preston  |  Port Shepstone  |  Plaasmoord  |  Boere  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.